logo

xx

 

 

 

 

BESKRYWING VAN PROSESMONITORFUNKSIES

Ideaal om 'n proses te monitor. Byvoorbeeld Stropers, Lugdrukplanters, Bespuiting.

Soos: Waaierspoed, Uitmeteraandryfaste, Implementspoed vanaf 'n wiel, Aftekkerspoed en baie meer.

Die ProsesMonitor is 'n dinamiese en geharde moniteerstelsel. Saamgestel as 'n KIT vir 'n spesifieke toepassing. Alle beskikbare funksies word gelyktydig gemonitor. Of die behoefte AREA, SPOED, TACHO's, of BAKKE is, hierdie eenheid kan daarby aangepas. Koop net die sensors van die funksies wat nodig is en stel sodoende 'n kit saam vir 'n baie bekostigbare prys. Maklik om op te stel en te implementeer. Gebruik dit om 'n ogie te hou op baie soorte prosesse, en verbeter produktiwiteit dadelik. Dit is ideaal geskik vir 'n stroper. Maklik om te installeer en te onderhou.