logo

VOEL - IN - KONTAK    *    WEES - IN - BEHEER

Die BasiesELECTROLEE PLANTERMONITOR is 'n geharde stuk toerusting vir 'n veeleisende omgewing. Gebou om te hou. Met sy drie jaar waarborg.

Gebruik hierdie betroubare monitor om duur en onnodige verliese te stop. Dooie rye, of rye sonder kunsmis kan mens baie duur testaan kom. Sulke verliese kan maklik vermy word. Die plantermonitor stelsel neem waar en stuur die informasie na die gebruiker. Gebruik daarom 'n Electrolee Planter Monitor om dadelik te reageer wanneer iets verkeerd gaan. Die opwindende helder LEDs gee 'n ware gevoel van om in kontak te wees met die plantproses. Die LEDs se aktiwiteit wys pitte soos dit val. Dit gee aan die gebruiker 'n werklike gevoel van "in kontak" wees met die plantproses.


Die Electrolee Plantermonitor het oor die jare bewys dat dit gou vir homself betaal. Met 'n stel elektroniese sensors wat strategies in jou planter gemonteer is, kan die Basiese Plantermonitor saadvloei monitor of ander aktiwiteit op die planter, soos dit gebeur. Met 'n monitor kan mens, so te sê, binne-in die saadbuise van die planter sien hoe die pitte val. En dit alles van die sitplek van jou trekker af. Soos wat die trekkerbestuurder vorder met die plantproses, kan hy sy aandag fokus op die wyer plantproses, wetende dat die Electrolee Plantermonitor hom sal waarsku sodra 'n misry voorkom. Gemoedsrus is die onmiddellike gevolg na die implementering van ‘n Electrolee.

Die oomblik dat die Plamtermonitor 'n fout waarneem, skree die alarm, wat op sy beurt die trekkerbestuurder waarsku om dadelik na die probleem om te sien. Met hierdie vroeë waarskuwing-stelsel is jy in die posisie om mis-rye stop se sit. Om waarlik in beheer te wees, kan jy ‘n stap verder gaan as om net mis-rye te monitor. Jy het die informasie van die Digitale Eenheid nodig.

Informasie soos byvoorbeeld populasie, pitte per 100m, hektare geplant en meer. Die Electrolee Plantermonitor word vir drie jaar gewaarborg, dus kan jy gemoedsrus hê oor produkondersteuning.

Basic Planter Monitor is always used as basis for the DIGITAL UNIT which is in essence a Population Calculator with many added functions.

PlanterMonitor Karaktertrekke

  • Die werksgevoel van hierdie PlanterMonitor is uniek deurdat dit ferm en gehard is
  • Baie helder LED's gee die gevoel daarvan dat jy werklik in beheer is
  • Hoogs effektief, selfs in stowwerige omstandighede
  • Gebruiksvriendelik en werklik maklik om te gebruik
  • Enige kanale kan onbenut gelaat word
  • Geseel teen stof en oormaat vog
  • Liggewig en maklik om te monteer
  • Helder frekwensie gemoduleerde alarm maak seker dat 'n alarm altyd gehoor kan word
  • Twee wrywring gebaseerde verstelbare vlekvrye staalvoetjirs. Dit maak dit maklik om die hoek van die eenheid te verstel vir 'n gemaklike aansig
  • Kan op 'n instrumentpaneel gemonteer word, teen 'n kajuitmuur, of in 'n hangende posisie van die kajuit se dak af
  • Uiters betroubare en helder LED liggies wys elke pitjie soos dit grond toe val verby die sensor en grondwaarts
  • Die onderste ry LEDs dui 'n alarm toestand aan by die spesifieke ry, nadat die hoorbare alarm erken is met die "Alarm Acknowledge" knoppie

Ander Kenmerke

  • Verbind aan die trekker se 12 Volt battery
  • Gebruiks handleiding met installasie besonderhede en gebruiksinstruksies
  • Wye keus van sensors beskikbaar
  • Ontwerp en vervaardig in Suid Afrika vir die moeilikste van omstandighede.
  • Net die beste naverkope diens
  • As iets verkeerd sou gaan, kan enige onderdeel verskaf word of herstel word binne 'n dag of twee. (Afhangende van logistiek)
  • Hoogste kwaliteit drie jaar waarborg

Tipes sensors beskikbaar